HSR ons skool
HSR ons skool
AKADEMIE & LANDBOU
Akademiese & Landbouskool

SKOOLFONDS

Gedurende die ouervergadering wat plaasgevind het op 8 November 2018 is die volgende bespreek en voorlopig goedgekeur

(die afwesigheid van ‘n kworum tydens hierdie vergadering lei tot ‘n volgende vergadering waar die begroting goedgekeur

moet word):

Skoolgelde is bepaal soos hieronder weergegee Die begroting vir HSR vir 2019 Resolusie Die skoolgelde per leerder (Gr 8-12) is R 11 000.00 vir die jaar 2019 Volgens die SA Skolewet, wet 84 van 1996 (soos gewysig) is skoolgeld betaalbaar op die eerste skooldag van die jaar ten opsigte waarvan die skoolgeld van toepassing is. Die beheerliggaam sal egter die volgende aanvaar: Skoolgelde 2019 Registrasiefooi van R1 500.00 op die eerste skooldag betaalbaar tov ALLE leerders Oorblywende bedrag van R9 500.00 betaalbaar volgens een van die volgende metodes: 1. ‘n Eenmalige bedrag van R 8 550.00 voor 28 Februarie 2019 (korting van R950), OF 2. Tien maandelikse paaiemente van R950 vanaf 31 Januarie 2019 tot 31 Oktober 2019. Die verpligtinge van die ouer / voog sal teen die einde van Oktober afgehandel wees Ons strewe daarna om alle skoolgeld te ontvang wat betaalbaar is (behalwe vrystellings) sodat betalende ouers nie nie- betalende ouers subsidieer nie. AANSOEK OM VRYSTELLING VAN BETALING VAN SKOOLGELD Regulasies vir die Vrystelling van Ouers van die betaling van Skoolgeld maak dit vir ouers/voogde moontlik om op grond van werklike behoeftigheid en sekere omstandighede aansoek om vrystelling of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld te doen. Hierdie aansoekvorms is by die skoolkantoor beskikbaar. Volledig voltooide aansoekvorms vir vrystelling van skoolgeld, tesame met ALLE bewyse moet voor of op 28 Februarie 2019 by die skoolkantoor ingehandig word. LET ASB DAAROP DAT GEEN LAAT AANSOEKE OORWEEG KAN WORD NIE. Die beheerliggaam onderneem om aansoeke binne 30 dae na ontvangs te verwerk en ouers binne 7 dae na die besluit geneem is, skriftelik in kennis te stel van die uitslag. UITSTAANDE REKENINGE Indien skoolfonds na 'n maand nie vereffen is nie, word 'n aanmaningsbrief vanaf die skool uitgestuur. Indien 'n rekening 3 (drie) maande na die kennisgewing nog nie vereffen is nie, en die ouer nie bevredigende skriftelike reëlings met die skool se beheerliggaam getref het nie, word die volle skoolfonds vir die jaar opeisbaar en betaalbaar en sal die rekening ongelukkig sonder verdere kennisgewing aan ‘n invorderaar oorhandig word. Indien daar enige onduidelikheid bestaan, word ouers versoek om met die skool te skakel. Bankbesonderhede: ABSA BANK Beperk Rekeningnaam: Hoërskool Schweizer-Reneke Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1230 390 122 Om die visie en missie van die skool te bereik, is dit noodsaaklik dat elke ouer sy finansiële verpligtinge nakom. Die skool en beheerliggaam reken op u samewerking om die skool finansieël gesond te hou, om die skool in staat te stel om kwaliteit onderig aan u kind te bied.
· · · · ·
Hoërskool Schweizer-Reneke
Die skool waar ons kampioene met karakter kweek!